Friday, 6 May 2011

Graad 11: Praktiese Ondersoek

Graad/Grade 11        Praktiese ondersoek/Practical investigation       Termyn/Term 1
Lewensprosesse in Plante en diere / Life processes in plants and animal
_________________________________________________________________________

Naam/Name: ___________________________
Disseksie van skaapnier/Dissection of sheep kidney
Benodighede/Requirements
Skaapnier, Skalpel, Teel, Vergrootglas, Liniaal  /  Sheep kidney, Scalpel, Tile, Magnifying lens, Ruler
Aktiwiteit 1/Activity 1
Verwyder alle vet rondom die nier sonder om die bloedvate en die ureter te beskadig. / Remove all the fat surrounding the kidney and take care not to damage the blood vessels and the urether
1.  Watter funksie verrig die vetweefsel rondom die nier? / What is teh function of teh fat tissue around the kidney?                                                                                                            (1)
__________________________________________________________________________________________________________________________________________________
2.  Maak van die liniaal gebruik om die volgende dimensies van die nier te bepaal. / Use the ruler to determine the following dimensions of the kidney.                                                    (3)
a)  Lengte/Lenght  __________________________________________________________
b)  Breedte/Width  __________________________________________________________
c)  Dikte/Thickness  _________________________________________________________
3.  Watter bloedvat dring die nier binne?/Name the blood vessel that enters the kidney.      (1)
_________________________________________________________________________
4.  Watter bloedvat verlaat die nier?/Name the blood vessel that exits the kidney.   (1)
_________________________________________________________________________
5.  Hoe verskil die bou van die twee bloedvate van mekaar?/How does the structure of the two blood vessels differ from one another?                                                                              (1)
__________________________________________________________________________________________________________________________________________________
6.  Verwyder die nierkapsel versigtig.  Noem twee waarneembare kenmerke van die nierkapsel./Carefully remove the renal capsule of the kidney. Name two noticeable features of the renal capsule.                                                                                                                       (2)
__________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Aktiwiteit 2/Activity 2
Sny die nier vanaf die konvekse kant deur tot in die nierbekken, maar sorg dat die twee helftes steeds aanmekaar geheg bly. Plaas die oopgevlekte nier op die teel. / Cut the kidney open from the convex side up to the pelvis.  Ensure that the two halves stay connected.  Place the open kidney on the tile.
7.  Teken `n netjiese diagram met byskrifte van `n lentesnit van die nier om die dele soos dit met die blote oog waargeneem word te toon. / Make a labelled drawing of the internal structure of the kidney to show the different parts which can be seen with the naked eye.












8.  Waarom is die nierkorteks dinkerder van kleur as die medulla? / Why is the renal capsule darker than the medulla?                                                                                                         (2)
__________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Aktiwiteit 3/Activity 3
Ondersoek die nier met `n handlens / Investigate the kidney with a magnifying lens
9.  Wat word verteenwoordig deur: / What is represented by:                                               (1)
a)  die kolletjies in die korteks. / the dots in the cortex.
________________________________________________________________________
b)  die strepe in die medulla. / the stripes in the medulla.                                                      (1)
_________________________________________________________________________

Rubriek vir assessrering van skets van nier / Rubric for assessment of drawing of kindey

VLAK / LEVEL
OMSKRYWING / DESCRIPTOR
PUNT / MARK
1
Getekende strukrute is van swak visuelel gehalte.  Min of geen byskrifte. / Drawn structures of poor visual quality. Few or no labels.

2
Getekende structure is herkenbaar, maar buite verhouding.  Sommige dele is akkuraat benoem. / Drawn structures can be recognized, but are out of proportion.  Some parts are accurately labelled.

3
Getekende strukture is herkenbaar, duidelike tekenlyne, proporsioneel korrek. Akkuraat benoem. / Drawn structures can be recognized, clear drawing lines with correct proportion.  Accurately labelled.

4
Getekende strukture is van goeie visuele gehalte, netjiese en duidelike tekenlyne, proporsioneel korrek. Alle dele akkuraat benoem. / Drawn structures of good visual quality, clear and neat drawing lines with correct proportion.  All parts are accurately labelled.

Graad 10: Praktiese ondersoek

Inleiding
Binne `n ekosisteem is daar beide lewende en nie-lewende komponente.  Die nie-lewende komponente word gewoonlik in drie hoofgroepe verdeel waarvan fisiografiese faktore, wat helling en hoogte bo seevlak insluit, een is.
In verskillende halfronde verskil die grondtemperatuur van hange met noordelike en suidelike hellings as gevolg van die hoek van die invallende sonstrale.

Probleemstelling
Ontwerp `n eksperiment wat jy kan gebruik op te bepaal watter helling in Suid-Afrika sal die hoogste grondtemperatuur hê.  Hierdie is `n hipotese tipe ondersoek.  `n Hipotese is `n moontlike verduideliking vir die waarnemings wat alreeds gemaak is, in hierdie ondersoek het ons reeds waargeneem dat noordelike en suidelike hellings se grondtemperatuur verskil.  `n Hipotese moet so gestel word dat net een veranderlike (afhanklike veranderlike) per geleentheid ondersoek word.  Indien ons die gewig van Gr 10 seuns ondersoek sal `n moontlike hipotese soos volg geformuleer kan word:  Gr 10 seuns wat meer as 500ml gaskoeldrank per dag drink is geneig om oorgewig te wees.  Jou ondersoek moet die volgende insluit:

1. Genereer `n hipotese vir die ondersoek. Verskaf ook twee moontlike waarnemings wat jy gemaak het wat kan dien as rede vir jou ondersoek. Byvoorbeeld: Skadugras groei aan een kant van die helling en nie aan die ander kant nie. Met ander woorde, gaan ondersoek die verskil of ooreenkoms in plantegroei en dierelewe aan `n noordelike en suidelike helling (selfs weerskante van jou eie woning).  
2. Gee `n moontlike rede vir die hipotese wat gestel is deur feite en inligting wat versamel is uit ten minste twee verskillende bronne.  Al jou bronne moet ook verskaf word.
3. Ontwerp `n eksperiment wat jy kan gebruik om jou hipotese te toets. Die eksperiment moet die volgende insluit:
·         Apparaat gebruik
·         Prosedure gevolg
·         Inligting versamel
·         Manipulasie en analise van data (Data moet ook in grafiekvorm aangebied word)
4. Aanvaar of verwerp jou hipotese deur van al die inligting wat tydens die ondersoek ingesamel is gebruik te maak.

LW Graad 12 Opdrag 1

Lewenswetenskap Opdrag
Onderwerp:  Omgewingstudies                                                Tyd:  1 uur
                                                                                                Totaal:  50
Lees die volgende leesstuk en antwoord die vrae wat volg.
Abalone, of perlemoen soos ons dit in Suid Afrika ken, is `n groot seeslak met `n geronde, platterige skulp.  Die binnekant van die skulp het `n blinkerige laag genoem “mother of pearl”.  Perlemoen het `n baie groot spieragtige voet.  Hierdie voet anker die slak aan rotse terwyl hulle voed op seegras.
Perlemoen word gesien as `n delikatesse in die Ooste en het aanleiding gegee tot twee verskynsels in ons land.  Een positief en een negatief:
  •    Negatiewe verandering:  Dit het aanleiding gegee tot handel op die swartmark.
  • Positiewe verandering:  Die het aanleiding gegee tot `n nuwe industrie in Hermanus.
Die kus van Hermanus was eens ryk aan natuurlike perlemoen.  Die bevolking van die perlemoen het gedaal oor die laaste 50 jaar as gevolg van kommersïele vissery, onwettige stroping en rekreasie duikers.  Dit het meegebring dat wetenskaplikes toetse begin uitvoer het om perlemoen in gevangenisskap te begin teël.
Volgens regulasie mag perlemoen net uitgehaal word indien dit `n deursnee van 115mm bereik het.  Teen hierdie tyd is die dier reeds ongeveer 8 jaar oud.  Rekreasie duikers mag net vier perlemoene per dag uithaal gedurende seisoen.  Die kommersïele duikers ontvang ook `n lisensie en kwota vir die hoeveelheid perlemoen wat hulle mag uithaal.
Onwettige stropers gehoorsaam uit die aard van die saak nie enige van hierdie regulasies nie en gevolglik neem die getalle teen `n onrusbarende tempo af.  In Mei 2006 was sewe mans gearresteer vir die onwettige besit van meer as 5000 kg nat en gedroogde abalone in die Rustenburg omgewing.  Die waarde van die fonds was meer as R8 miljoen.
Gedurende September 2007 het die polisie `n man gearresteer vir die besit van 1500 kg perloemoen in die Oos Kaap.  Die straatwaarde was ongeveer R1,5 miljoen.
Beantwoord die volgende vrae volledig:
1.  Wat is die oorsaak vir die hoë aanvraag vir perlomoen? (1)
2.  Bereken die gemiddelde groei van `n perlemoenslak in een jaar deur van die inligting in die leesstuk gebruik te maak.  Wys al jou bewerkings.  (4)
3.  Wat is die ouderdom van perlemoen met `n deursnee (diameter) van 140mm?(2)
4.  Noem twee negatiewe gevolge wat die onwettige handel in perlemoen teweeggebring het.    (2)
5.  Noem twee positiewe gevolge van die perlemoen industrie. (2)

6.  Bereken die straatwaarde van 1kg perlemoen in die:
6.1  Rustenburg saak van 2006.(5)
6.2  Oos Kaap saak van 2006. Wys jou bewerkings. (5)
7.  Waarom is daar `n verskil in die straatwaarde van Rustenburg, Oos Kaap en die Ooste? (2)
8.  Waarom is dit belangrik om viskwotas van tyd tot tyd te hersien? (2)
9.  Bestudeer die tabel hieronder wat die bevolking en kwotas van abalone toon oor `n tydperk.

9.1  Voltooi die laaste kolom van die tabel om aan te toon hoeveel perlemoen was wettig geoes vanaf 1985 tot 2005.   (5)
9.2  Teken lyngrafieke op dieselfde stel asse om die geskatte populsie abalone (estimated population of abalone)  en die totale hoeveelheid abalone geoes in die tydperk getoon aan te dui. (10)
9.3  Waarom dink jy die die hoeveelheid lisensies en die grootte van die kwotas verhoog vanaf 1980 tot 1990?  (2)
9.4  Waarom is daar besluit om die grootte van die kwota in 1995 te verlaag? (2)
9.5  Daar is besluit om die hoeveelheid lisensies asook die grootte van die kwotas te verminder vanaf 1995 tot 2005, maar die getalle het steeds afgeneem teen `n onrusbarende tempo.  Noem twee moontlike redes vir hierdie afname in getalle.                                             (2)
9.6  As jy op die raad gedien het wat aanbevelings moes maak oor die nuwe perlemoen lisensies en kwotas vir 2010, wat sou jou aanbevelings gewees het?                                    (4)

Totaal:  50