Friday 6 May 2011

LW Graad 12 Opdrag 1

Lewenswetenskap Opdrag
Onderwerp:  Omgewingstudies                                                Tyd:  1 uur
                                                                                                Totaal:  50
Lees die volgende leesstuk en antwoord die vrae wat volg.
Abalone, of perlemoen soos ons dit in Suid Afrika ken, is `n groot seeslak met `n geronde, platterige skulp.  Die binnekant van die skulp het `n blinkerige laag genoem “mother of pearl”.  Perlemoen het `n baie groot spieragtige voet.  Hierdie voet anker die slak aan rotse terwyl hulle voed op seegras.
Perlemoen word gesien as `n delikatesse in die Ooste en het aanleiding gegee tot twee verskynsels in ons land.  Een positief en een negatief:
  •    Negatiewe verandering:  Dit het aanleiding gegee tot handel op die swartmark.
  • Positiewe verandering:  Die het aanleiding gegee tot `n nuwe industrie in Hermanus.
Die kus van Hermanus was eens ryk aan natuurlike perlemoen.  Die bevolking van die perlemoen het gedaal oor die laaste 50 jaar as gevolg van kommersïele vissery, onwettige stroping en rekreasie duikers.  Dit het meegebring dat wetenskaplikes toetse begin uitvoer het om perlemoen in gevangenisskap te begin teël.
Volgens regulasie mag perlemoen net uitgehaal word indien dit `n deursnee van 115mm bereik het.  Teen hierdie tyd is die dier reeds ongeveer 8 jaar oud.  Rekreasie duikers mag net vier perlemoene per dag uithaal gedurende seisoen.  Die kommersïele duikers ontvang ook `n lisensie en kwota vir die hoeveelheid perlemoen wat hulle mag uithaal.
Onwettige stropers gehoorsaam uit die aard van die saak nie enige van hierdie regulasies nie en gevolglik neem die getalle teen `n onrusbarende tempo af.  In Mei 2006 was sewe mans gearresteer vir die onwettige besit van meer as 5000 kg nat en gedroogde abalone in die Rustenburg omgewing.  Die waarde van die fonds was meer as R8 miljoen.
Gedurende September 2007 het die polisie `n man gearresteer vir die besit van 1500 kg perloemoen in die Oos Kaap.  Die straatwaarde was ongeveer R1,5 miljoen.
Beantwoord die volgende vrae volledig:
1.  Wat is die oorsaak vir die hoë aanvraag vir perlomoen? (1)
2.  Bereken die gemiddelde groei van `n perlemoenslak in een jaar deur van die inligting in die leesstuk gebruik te maak.  Wys al jou bewerkings.  (4)
3.  Wat is die ouderdom van perlemoen met `n deursnee (diameter) van 140mm?(2)
4.  Noem twee negatiewe gevolge wat die onwettige handel in perlemoen teweeggebring het.    (2)
5.  Noem twee positiewe gevolge van die perlemoen industrie. (2)

6.  Bereken die straatwaarde van 1kg perlemoen in die:
6.1  Rustenburg saak van 2006.(5)
6.2  Oos Kaap saak van 2006. Wys jou bewerkings. (5)
7.  Waarom is daar `n verskil in die straatwaarde van Rustenburg, Oos Kaap en die Ooste? (2)
8.  Waarom is dit belangrik om viskwotas van tyd tot tyd te hersien? (2)
9.  Bestudeer die tabel hieronder wat die bevolking en kwotas van abalone toon oor `n tydperk.

9.1  Voltooi die laaste kolom van die tabel om aan te toon hoeveel perlemoen was wettig geoes vanaf 1985 tot 2005.   (5)
9.2  Teken lyngrafieke op dieselfde stel asse om die geskatte populsie abalone (estimated population of abalone)  en die totale hoeveelheid abalone geoes in die tydperk getoon aan te dui. (10)
9.3  Waarom dink jy die die hoeveelheid lisensies en die grootte van die kwotas verhoog vanaf 1980 tot 1990?  (2)
9.4  Waarom is daar besluit om die grootte van die kwota in 1995 te verlaag? (2)
9.5  Daar is besluit om die hoeveelheid lisensies asook die grootte van die kwotas te verminder vanaf 1995 tot 2005, maar die getalle het steeds afgeneem teen `n onrusbarende tempo.  Noem twee moontlike redes vir hierdie afname in getalle.                                             (2)
9.6  As jy op die raad gedien het wat aanbevelings moes maak oor die nuwe perlemoen lisensies en kwotas vir 2010, wat sou jou aanbevelings gewees het?                                    (4)

Totaal:  50


No comments:

Post a Comment