Friday 6 May 2011

Graad 10: Praktiese ondersoek

Inleiding
Binne `n ekosisteem is daar beide lewende en nie-lewende komponente.  Die nie-lewende komponente word gewoonlik in drie hoofgroepe verdeel waarvan fisiografiese faktore, wat helling en hoogte bo seevlak insluit, een is.
In verskillende halfronde verskil die grondtemperatuur van hange met noordelike en suidelike hellings as gevolg van die hoek van die invallende sonstrale.

Probleemstelling
Ontwerp `n eksperiment wat jy kan gebruik op te bepaal watter helling in Suid-Afrika sal die hoogste grondtemperatuur hê.  Hierdie is `n hipotese tipe ondersoek.  `n Hipotese is `n moontlike verduideliking vir die waarnemings wat alreeds gemaak is, in hierdie ondersoek het ons reeds waargeneem dat noordelike en suidelike hellings se grondtemperatuur verskil.  `n Hipotese moet so gestel word dat net een veranderlike (afhanklike veranderlike) per geleentheid ondersoek word.  Indien ons die gewig van Gr 10 seuns ondersoek sal `n moontlike hipotese soos volg geformuleer kan word:  Gr 10 seuns wat meer as 500ml gaskoeldrank per dag drink is geneig om oorgewig te wees.  Jou ondersoek moet die volgende insluit:

1. Genereer `n hipotese vir die ondersoek. Verskaf ook twee moontlike waarnemings wat jy gemaak het wat kan dien as rede vir jou ondersoek. Byvoorbeeld: Skadugras groei aan een kant van die helling en nie aan die ander kant nie. Met ander woorde, gaan ondersoek die verskil of ooreenkoms in plantegroei en dierelewe aan `n noordelike en suidelike helling (selfs weerskante van jou eie woning).  
2. Gee `n moontlike rede vir die hipotese wat gestel is deur feite en inligting wat versamel is uit ten minste twee verskillende bronne.  Al jou bronne moet ook verskaf word.
3. Ontwerp `n eksperiment wat jy kan gebruik om jou hipotese te toets. Die eksperiment moet die volgende insluit:
·         Apparaat gebruik
·         Prosedure gevolg
·         Inligting versamel
·         Manipulasie en analise van data (Data moet ook in grafiekvorm aangebied word)
4. Aanvaar of verwerp jou hipotese deur van al die inligting wat tydens die ondersoek ingesamel is gebruik te maak.

1 comment:

  1. Dankie vir die opdrag, Meneer Bruwer. Wanneer is die inhandigings datum vir die Praktiese ondersoek??

    ReplyDelete